Wie is Adriaan Oosthuizen
Adriaan Oosthuizen is `n Suid-Afrikaanse fotograaf, oospronklik van Kaapstad, maar nou gebaseer in Hermanus. `n Kamera het sy verkose instrument geword om uiting te gee aan kreatiwiteit wat hy by sy ouers ontvang het.
Oospronklik `n opgeleide natuurbewaarder in diens van die Departement van Natuurbewaring. In Springbok se Goegap natuurreservaat het hy `n kamera ontdek en `n reis begin om skoonheid te probeer vasvang. Hy het dit somtyds reggekry . Selfgeleerd, moes daar eers verskeie jare verbygaan voor hy homself kon aanwend as `n professionele fotograaf in mode,kos,décor,portette,kuns,avontuur en natuur.
Hy het sukses behaal deur opdragte uit te voer wat hom wyd en vêr laat reis het. Hy het deelgeneem in die globale wêreld van fotografie deur `n plek te wen in die MILK kompetisie in Nieu Zeeland. Hierdie uitstalling was vertoon in Sydney, New York en Londen Hy het verskeie kere onderskeidings behaal in die Fuji Pro Foto toekennings. Onderandere, `n goue toekenning vir Natuurfotografie. Tot op datum,het hy verskeie boeke illustreer en sy werk het al in top tydskrifte verskyn. Sy werk het ook verskyn in die New York Times en L`equipe.
Hy het al 3 individuele uitstallings die lig laat sien.
KKNK 1997
Camel trophy Suid-Amerika 1998
Briewe uit die Tankwa 2012